Noord-Kaap Streek_Blou 2-01

NOORD-KAAP

Noord-Kaap Streek_Blou 2-01

NOORD-KAAP

Foto_16

Droogte, brande, vloede, plae … Maar ons staan sterk in die Here!

Welkom by Solidariteit Helpende Hand se Noord-Kaap-blad!

Hier poog ons om volhoubare strukture tot stand te bring en projekte te loods ter bevordering van maatskaplik gebaseerde gemeenskapsontwikkeling. Ons brei en stap vir KANSA. Ons eet skaapkop en afvalpotte ten bate van gemeenskap-studiefondse. Ons sing en vertel stories by tehuise vir bejaardes. Ons ondersteun ons jeug met nasionale projekte soos Bemagtig ʼn Kind, Kosblikkie, Skooltassie, HelpHetta en HelpJag. Ons bemagtig gesinne en individue met assesserings en aanbevelings. Ons bemagtig persone met gestremdhede en ondersteun hul gawes en talente. Ons bou winkels en netwerke met vennote en sê: "Hier's my hand. Waar is joune?"

Ons Noord-Kaapse takke, dorpsverteenwoordigers en vrywilligers se harte klop met passie vir ons gemeenskappe. Ons is bouers van formaat en gehard teen die elemente. Ons kyk enige uitdaging vierkantig in die oë en sê: "Ons sal self met die Here se hulp!"

Is jy 'n bouer? Het jy 'n droom vir jou gemeenskap? Glo jy in die voortbestaan van die Afrikaner-gemeenskap? Sê dan: "Hier's my hand! Ek bou saam."

Kontak gerus enige van ons streekspersoneel as jy nog inligting wil hê, by ons wil aansluit of met een van ons projekte wil help.

Ons sien uit om van jou te hoor!

Noord-Kaapse groete

Ontmoet ons personeel

Kerike_du_Plessis

Kerike du Plessis

Streeksorganiseerder
[email protected]

082 557 6529
Some_Ferreira_MWs

Somé Ferreira

Maatskaplike Werker
[email protected]

082 944 6097
Sunet_vd_Merwe_SABs

Sunet van der Merwe

Streeks- Administratiewe Beampte
[email protected]

071 870 8946

Studiefonds

_7560_Studiefonds_e-kaarte-01
_7560_Studiefonds_e-kaarte-03
_7560_Studiefonds_e-kaarte-02

Nuus vanuit ons streek

‘n Lewe van diens: Oom Gert le Roux

Gemeenskapsnuus: Leer ken van Helpende Hand se oudste vrywilligersAs deel van Solidariteit Helpende Hand se Vrywilligersmaand in Mei word hierdie menslike stories vertel om erkenning te gee aan die mense agter die werk – vrywilligers wie se toewyding, deernis en volgehoue betrokkenheid die ruggraat van baie gemeenskappe vorm. *Gert (Johannes Rudolph) Le Roux (81), in…
Lees meer...

Wil om te Help

My ouma het altyd gesê: “Elke klein druppeltjie tel.” Jare daarna wonder ek nog steeds elke aand as ek in die bed klim: Tel my druppeltjie? Maak EK ‘n verskil in iemand se lewe? Jare gaan verby – en snags spook hierdie vraag by my. Op ‘n dag kruis my pad met ‘n op die…
Lees meer...

BRAAF is ‘n nuwe woord in my Woordeboek

Artikel: Marna Swanepoel BRAAF is ‘n nuwe woord in my Woordeboek vir Maatskaplike Werk. Dit het baie betekenisse … Wie sou kon dink ‘n mens sal so baie van jouself leer by ‘n gelukbringer met spiere so groot soos Arnold Schwarzenegger s’n en ‘n broek so styf soos my ouma se tuisgemaakte konfytbotteltjies se deksels.…
Lees meer...

Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie

Kalender

 

Skenk by jou naaste Ons Winkel

Untitled-1